ANC het vyf werksdae om kaderontplooiingsrekords aan DA te oorhandig

Deur on

Die Grondwethof het vroeër beslis dat die ANC sy kaderontplooiingsrekords binne vyf dae aan die DA moet oorhandig. Dit volg na suksesvolle aansoeke wat die DA in die Gautengse hooggeregshof en hoogste hof van appél gebring het om die ANC se kaderontplooingsrekords vanaf 1 Januarie 2013 te verkry.

In `n laaste poging om te verhoed dat die rekords in die DA se hande beland het die ANC die Grondwethof genader. Dié hof het egter beslis dat die rekords binne vyf werksdae aan die DA oorhandig moet word. Dit sluit in notules, CV’s, e-posse en Whatsapp-boodskappe wat met die karderontplooiingskomitee verband hou.

Die DA se skadu-minister van staatsdiens en administrasie, Leon Schreiber, sê die uitspraak sal tot deursigtigheid lei en wys hoe die kaderontplooiingskomitee, onder president Cyril Ramaphosa se leiding, staatskaping bevorder het deur in te meng by openbare aanstellingsprosesse.


Current track

Title

Artist