Amerikaners teen Suid-Afrika “gewaarsku”

Deur on

9 Junie 2021

Die VSA het sy land se burgers gewaarsku om eerder Suid-Afrika te vermy weens misdaad en die Covid-19 pandemie, en om eerder hulle reise te heroorweeg.

Dié land se departement van buitelandse sake het die waarskuwing gerig ten spyte van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en voorkoming, die CDC, wat reise na Suid-Afrika onder sekere omstandighede goedgekeur het. 

Die CDC het Suid-Afrika na vlak-3 toe geskuif van vlak-4 af toe hy sy reisbeperking na 110 lande aangepas het. Vlak-3 dui daarop dat daar steeds baie gevalle van Covid-19 voorkom.

Amerikaners is egter gewaarsku om kennis te neem van betogings, onluste en stakings wat gereeld in Suid-Afrika voorkom. Die kennisgewing op die departement se webblad lui voorts dat geweldadige misdade soos gewapende rooftogte, verkragting, kapings en rooftogte op straat baie algemeen in Suid-Afrika is.

Burgers word gewaarsku indien hulle regtig die land wil besoek, moet hulle nie informele nedersettings besoek nie, nie ná donker alleen rondloop nie en ook nie waardevolle artikels of kontant oop en bloot ronddra nie. Motorvensters moet ook toe bly en motordeure liefs gesluit.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist