Al hoe meer swanger buitelanders kraam in SA-hospitale

Deur on

29 November 2024

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy neem waar dat daar ‘n toenemende aantal swanger vroue is wat die grens onwettig oorsteek.

‘n Woordvoerder van die weermag, Shihlangoma Mahlahlane sê dié vroue koop beamptes om om die land binne te kom waarna hulle in Suid-Afrikaanse hospitale kraam.

Hy sê hulle probeer dan om die kinders as Suid-Afrikaanse burgers te registreer om in aanmerking te kom vir kindertoelaes.

Mahlahlane het dié opmerkings gemaak tydens die weermag se voorlegging aan die media van sy pogings om onwettige immigrasie te keer en grensveiligheid te verbeter.


Current track

Title

Artist