AITSA 2024
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings
Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is ‘n toekenningsaand wat sedert 2019 aangebied word om baanbrekers in die Afrikaanse musiekbedryf te vereer, terwyl spesiale gilde vir Afrikaanse kuns en kultuur ook oorhandig word.
Die Aitsas het van die begin af ten doel gehad om ‘n onafhanklike geleentheid te skep waartydens die room van die rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie beloon kan word.
Die oorweldigende, positiewe terugvoer wat na die eerste vier toekennings van kunstenaars, platemaatskappye, vervaardigers en die publiek ontvang is, het bevestig dat dit presies is wat die bedryf nodig het en daarom is die Aitsas hier om te bly en sal dit net groter en groter word in die toekoms.
MyKunstenaar - Bepalings en Voorwaardes
Borgskappe & Navrae kontak navrae@aitsas.co.za
Hierdie vorm moet slegs voltooi word as jy jou besigheid wil adverteer en nié vir algemene navrae nie. Voltooi die vorm onder “KONTAK ONS” vir algemene navrae.
1ste Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2019)
Die eerste Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings was op Woensdag, 16 Oktober 2019, in die Moreleta-ouditorium in Pretoria aangebied. Die trofeë wat aan die wenners oorhandig is, is deur die beeldhouer Francois Visser ontwerp en vervaardig. Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Snotkop, Danny Smoke, Monique, Demi Lee Moore, Corlea Botha, Adam Tas en ander kunstenaars het tydens die geleentheid opgetree.
Wenners:
- Boere- of tradisionele musiekalbum van die jaar: Die Ventertjies vir Vanaand dans ons weer
- Humoristiese album van die aar: Die Flooze, vir Die Bliengmasjien
- Kontemporêre album van die jaar: Jo Black vir Voel jy die genade
- Instrumentale album van die jaar: Rocco de Villiers vir Kortbroek, langkouse
- Alternatiewe album van die jaar: Spoegwolf vir Koma
- Hip-hop-album van die jaar: Early B vir Aangename kennis
- Popalbum van die jaar: Demi Lee Moore vir Mis, Eet, Slaap, Herhaal
- Musiek in ’n TV-reeks of -program: Jo Black in Kom Ons Gaan Groot
- Musiekvideo van die jaar: Elandré vir Vuur op die water (Vervaardiger: Christian Wolf)
- Nuweling van die jaar: Douvoordag
- Liriek van die jaar: Juan Boucher vir Twaalf Rondtes
- Vervaardiger van die jaar: Danny Smoke
- Liedjieskrywer van die jaar: Elandré en Niel Schoombie
- Gewildste liedjie van die jaar: Die Land (Gesing deur: Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld, Ruhan du Toit, Bok van Blerk; Skrywer: Johan Oberholzer)
- Kunstenaar van die jaar: Spoegwolf
- Album van die jaar: Demi Lee Moore vir Mis, Eet, Slaap, Herhaal
- Ere-toekennings vir lewenslange bydrae: Sonja Herholdt en Kosie van Niekerk
2de Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2021)
Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings se spoggeleentheid is op 1 Desember 2021 in die AfriForum teater in Pretoria gehou.
Wenners:
- Boeremusiek Liedjie van die Jaar – Ricus Nel met Die Bosveldbul
- Geestelike Liedjie van die Jaar – Riana Nel en Retief Burger met Die seën
- Instrumentale Liedjie van die Jaar – VatVas Dansorkes met Laat Aand Boogie
- Liedjieskrywer van die Jaar – Riana Nel met Hou die hemel oop
- Nuweling van die Jaar – Christia Visser met 17 Shots
- Musiekvideo van die Jaar – Johan C Venter en Christiaan Wolf met Monumentaal
- Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar – Elandré Schwartz met Binne en Buite
- Vervaardiger van die Jaar – Juan “Floors” Oosthuizen met Spontaan
- Pop Liedjie van die Jaar – Elandré Schwartz met Dag en Nag
- Kontemporêre Liedjie van die Jaar – Elandré Schwartz met Waar die wind my waai
- Afrikaanse Liedjie van die Jaar – Riana Nel met Hou die hemel oop
- Kunstenaar van die Jaar – Elandré Schwartz
3de Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2022)
Afrikaanse kunstenaars in die musiekbedryf is op 29 November 2022 tydens die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings by die Choose Life Church in Moreletapark, Pretoria, vereer vir die bydrae wat hulle tot die Afrikaanse musiekbedryf maak. Mimi Coertse, operasanger en legende in die bedryf, is vereer vir haar lewenslange bydrae tot die musiekbedryf en die Afrikaanse kunslied. Coertze is die kunstenaar wat die meeste Afrikaanse kunsliedere gesing het waarvan die bekendste en gewildste een S. Le Roux Marais se “Heimwee” is.
Wenners:
- Boeremusiek liedjie van die jaar: Vatvas Dansorkes met Volstruis Vastrap
- Geestelike liedjie van die jaar: Esté Gross met Hemelruim
- Instrumentale liedjie van die jaar: Scheppel met Toe vind ek jou
- Liedjieskrywer van die jaar: Elvis Blue vir Meer as genoeg
- Nuweling van die jaar: Eloff met Johnnie Blou
- Musiekvideo van die jaar: Johan C Venter en Eric T Graham vir Vat ’n bietjie gesing deur Riaan Benadé
- Alternatiewe/Rock liedjie van die Jaar: Spoegwolf met Vergeet
- Vervaardiger van die jaar: Murray Lubbe vir Vrystaat Vlaktes gesing deur Reën
- Popliedjie van die jaar: Ricus Nel met Ploeg jy
- Luisterliedjie van die jaar: Corlea Botha met Haat
- Afrikaanse liedjie van die jaar: Jo Black en Refentse se Rig jou oë na die berge
- Kunstenaar van die Jaar: Demi Lee Moore
4de Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2023)
As deel van Pretoria FM se 30ste verjaarsdagfees-week, sal die Aitsa-wenners tydens ’n spoggeleentheid op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria bekendgemaak word. Sommige van die Aitsa 2022-wenners en genomineerdes sal ook tydens hierdie geleentheid optree, naamlik Jo Black, Scheppel, Brendan Peyper, Dodo Nyoka, Samantha Leonard, Eloff, Bernice West, Zaan Sonnekus, Herman Kleinhans en Rooksein. Die gasheer, Hannes van Wyk en gasvrou Desiré Gardiner sal verder sorg vir ’n onvergeetlike aand.
2023
- Luisterliedjie van die jaar – Karlien van Jaarsveld en Jacob Swann met Lief
- Pop Liedjie van die jaar – Barto met Impulsief
- Nuweling van die jaar – Dodo Nyoko met Foto’s
- Alternatiewe/ Rock Liedjie van die jaar – Zaan Sonnekus met Monitor
- Boeremusiek Snit van die jaar – Die Teelepeltjies met Misvloer Seties
- HipHop/ Kletsrym Liedjie van die jaar – Loufi met Bank Rob
- Geestelike Liedjie van die jaar – Retief Burger met Sekelmaan
- Instrumentale Snit van die jaar – CH2 met Simoné
- Klassieke Snit van die jaar – Franco Prinsloo en Vox Kamerkoor met Ghoera Liedere
- Vervaardiger van die jaar – Danny Smoke en Tjaart van der Walt met Ophou deur Karlien van Jaarsveld
- Liedjieskrywer van die jaar – Jacob Swann met Lief deur Jacob Swann en Karlien van Jaarsveld
- Musiekvideo van die jaar – Eric T Graham met Impulsief deur Barto
- My Kunstenaar: Volgens Publieke Stemme – Steve Hofmeyr
- Lewenslange Bydrae – Jannie du Toit
- Meeste Stromings: Manlik – Dodo Nyoka met Foto’s
- Meeste Stromings: Vroulik – Bernice West met Lyfie
- Afrikaanse Liedjie van die jaar – Bernice West met Lyfie