Airlink skort dienste by Polokwane-lughawe op

Deur on

7 April 2021

Die lugredery, Airlink het vroeër vandag bevestig dat hy alle vlugte na en van die Polokwane/ Pietersburg-lughawe in Limpopo gaan opskort weens sy kommernis oor veiligheid by dié lughawe.

Airlink sê in ‘n verklaring dat die lughawe deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid afgegradeer is en dat passasiers en personeel se veiligheid in ag geneem moet word.

Dit kom nadat die owerheid gister aangekondig het dat die Polokwane-lughawe na ‘n CAT2-vlak afgegradeer word, wat beteken dat dit nie die nodige nooddienste kan voorsien indien daar ‘n noodtoestand moet ontstaan nie.

Volgens Airlink beteken dié vlak ook dat die geriewe nie geskik is om kommersiële dienste te verskaf nie, wat beteken dit sal onwettig wees om daar te land.

Die lugredery sê verder dat alle vlugte – ook vir vandag – onmiddellik opgeskort is en dat hy nie seker is of die lughawe binnekort sy dienste sal kan verbeter nie.


Current track

Title

Artist