15 Oktober 2024
Die departement van korrektiewe dienste se agterstand met paroolaansoeke vir gevangenes wat lewenslange gevangenisstraf uitdien, is uitgewis.
Dit is vanoggend in ’n verklaring van dié departement bevestig.
Dit volg nadat die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald, homself daartoe verbind het om die agterstand teen vandag uit te wis.
Die aansoeke is nou glo suksesvol verwerk lank voor dié sperdatum, nadat die geërfde agterstand van 495 aansoeke en 104 nuwe aansoeke, teen die 3de Oktober deur die minister afgehandel is.
Volgens die departement van korrektiewe dienste sal Groenewald vandag terugvoer aan die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste gee.