AfriForum ontwikkel module om buurtwagte toe te rus vir bekamping van ysterpenlokvalle

Deur on

13 Junie 2024

AfriForum het ‘n nuwe opleidingsmodule ontwikkel om buurtwagte toe te rus oor hoe om op te tree as ysterpenlokvalle op paaie geplaas word. 

Die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê die module is daarop gemik om buurtwaglede toe te rus met kritieke vaardighede om dié toenemende verskynsel, wat motoriste landwyd op tientalle hoofroetes en veral in en om Pretoria teister, die hoof te bied.

se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê die module is daarop gemik om buurtwaglede toe te rus met kritieke vaardighede om dié toenemende verskynsel, wat motoriste landwyd op tientalle hoofroetes en veral in en om Pretoria teister, die hoof te bied.

Broodryk sê AfriForum se buurtwagte het reeds in April vanjaar hul verbintenis gegee tot die bekamping van ysterpenlokvalle in veral gebiede wat swaar gebuk gaan onder dié tipe misdaad.

Hy sê buurtwagte se kennis ten opsigte van die hantering van ’n toneel waar ’n lokval geplaas is, maar nog geen slagoffers opgeëis het nie, sal deur die opleiding uitgebou word.


Lees verder

Current track

Title

Artist