AfriForum lê klag by Openbare Beskermer oor beweerde korrupsie by NSFAS

Deur on

26 November 2024

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het die jongste organisasie geword om ‘n klag by die Openbare Beskermer in te dien – teen die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande en die voorsitter van NSFAS, Ernest Khosa – na bewerings van korrupsie.

Dit volg nadat die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, ‘n verdoemende verslag uitgereik het waarin beweer word dat dié twee voordeel getrek het uit gunslone wat deur kontrakteurs betaal is.

Volgens dié organisasie se veldtogbeampte, Charné Mostert, het hulle ook ‘n aansoek ingevolge PAIA-wetgewing by NSFAS ingedien en onder meer die rekords aangevra van ooreenkomste wat NSFAS met vier diensverskaffers aangegaan het om direkte betalings aan NSFAS-begunstigdes te maak.

Mostert sê AfriForum sal ook self ondersoek instel om die waarheid hieroor bloot te lê.

“Dit is onaanvaarbaar dat politici en ander invloedryke rolspelers by staatsondernemings hul mag misbruik om hulself op ’n oneerlike wyse finansieel te verryk.”


Current track

Title

Artist