AfriForum eis sperdatum vir voorgestelde rasteikens

Deur on

24 April 2024

AfriForum het vandag kommentaar by die departement van indiensneming en arbeid ingedien oor sy konsepregulasies met betrekking tot rasteikens. 

Die departement het vroeër vanjaar die nuwe konsepregulasies van minister Thulas Nxesi gepubliseer waarin hy spesifieke rasteikens vir elke bedryf en provinsie uiteensit.

AfriForum sê die publiek het tot 2 Mei om kommentaar te lewer op die nuwe konsepregulasies wat rasteikens betref. Die organisasie het in sy kommentaar oor die nuwe konsepregulasies voorgestel dat ’n sperdatum vasgemaak gemaak word vir die beëindiging van “rassediskriminerende wetgewing.”

Die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl meen sonder ’n vasgestelde einddatum word die bose kringloop van ‘regeringsmislukkings’ en die aandrang vir meer rassediskriminerende beleide voortgesit.”

AfriForum voer verder in sy kommentaar aan dat sogenaamde rassediskriminerende wetgewing deur die regering in die algemeen en in alle fasette van die samelewing geskrap moet word, insluitend indiensneming, sport en onderwys.


Current track

Title

Artist