Afknouery lei tot kind se selfdood

Deur on

16 November 2023

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane het die uitslae van ‘n ondersoek bekend gemaak nadat ‘n graad 6-leerling aan die Khehlekile Laerskool in Tokoza in Oktober glo sy eie lewe geneem het. 

Aanvanklik is berig dat Sibusiso Mbatha sy eie lewe geneem het weens herhaaldelike afknouery by sy skool. Die woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, Steve Mabona het bevestig dat afknouery oor Mbatha se seksualiteit ‘n rol gespeel het.

Die ondersoek dui ook daarop dat Mbatha betrokke was in ‘n fisiese bakleiery.

Volgens die ondersoek het ‘n onderwyser, en leerlinge glo ook homofobiese opmerkings teenoor die kind gemaak. Ook die adjunk skoolhoof het glo iets te sê gehad.

Mabona sê dit wil voorkom asof die departementshoof en Mbatha se klasonderwyseres nie die situasie reg hanteer het nie.

Die ondersoekspan het verder bevind dat die betrokke juffrouens, die adjunk-hoof, skoolhoof en departementshoof nie die nodige stappe gedoen het nie, en dat hulle onsensitief was.

Die span stel voor dat daar ‘n dissiplinêre verhoor gehou moet word vir die departementshoof en klasonderwyseres. Hulle stel voor dat die adjunk-hoof voorlopig geskors word, en dissiplinêr verhoor word vir ondermeer haatspraak en die beweerde homofobiese uitlatings.

“Die hoof het ook nie reg opgetree nie, en het waarskynlik die adjunk-hoof beskerm.” Mabona sê hulle stel ook voor dat die personeel opleidingsessies moet ondergaan.

 


Lees verder

Current track

Title

Artist