Afgedankte Mkhwebane kry dalk R10-miljoen

Deur on

3 Oktober 2023

Die parlement het bevestig dat hy dit oorweeg om regsadvies van senior advokate in te win oor die betaling van R10-miljoen aan die afgedankte Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane.

Mkhwebane is verlede maand uit haar amp onthef deur ‘n resolusie van die Nasionale Vergadering – wat ‘n tweederdemeerderheid van stemme gekry het.

Haar termyn sou op 14 Oktober eindig.

‘n Woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê nie net ‘n gratifikasie-betaling wat aan die einde van haar ampstermyn betaalbaar sou word is ter sprake nie, maar ook betaling vir die tydperk wat sy geskors was hangende die artikel 194-ondersoek.


Current track

Title

Artist