Nuus

Dr Wouter van Wyk, sekretaris van die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde kerk en voormalige akademikus en Ds. Martin Slabbert verbonde aan die Hervormde Kerk Philadelphia en voormalige akademikus bespreek elke week se Woord van die Week. 

SALOMO SE DIPLOMATIEKE HUWELIK MET DIE FARAO SE DOGTER: Volgens die Bybel het koning Salomo in ongeveer 960 v.C. ’n diplomatieke huwelik met die Egiptiese farao gesluit deur met sy dogter te trou. Dit is waarskynlik die oudste vredesooreenkoms wat tussen Israel en Egipte gesluit is. Die naam van die farao word nie genoem nie […]

Ds Wicus van der Vyver, Gereformeerde Kerk Silverton lees 1 Petrus 3: 8 – 12

Ds Wicus van der Vyver, Gereformeerde Kerk Silverton lees Jesaja 40: 25 – 31

Ds Wicus van der Vyver, Gereformeerde Kerk Silverton lees 1 Petrus 2: 20 – 25

Ds Wicus van der Vyver, Gereformeerde Kerk Silverton lees Jakobus 3: 1 – 12

Weeklikse voëlkykrubriek vir die voëlkykgeesdriftige…

Twee amateur vryduikers wat met vakansie in Spanje was, wat rommel op die seebodem gaan soek het, het op ’n verrassende vonds afgekom. Luis Lens en César Gimeno het aanvanklik net agt goue muntstukke gevind. Dit het ’n reeks duike deur die Alicante-universiteit se argeoloë in samewerking met Guardia Civil se duikeenheid en die Javea-raad […]

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het ’n beroep op die nasionale regering gedoen om dié provinsie na vlak 1 van die Covid-inperkings te skuif en die nasionale ramptoestand vaarwel toe te roep. Winde meen die besluit om die land op vlak 2 te hou is nie regverdigbaar of volhoubaar nie.  Winde meen ’n verdere verslapping […]

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die repokoers onveranderd gelaat op 3,5 %. Banke se prima rentekoers bly dus op 7%. Dit wil voorkom of die rentekoers vir nog minstens twee maande op hierdie geskiedkundige laagtepunt gaan bly. Die SARB-president, Lesetja Kganyago, het in ’n mediaverklaring gesê dat die besluit volg op grootliks onveranderde […]


Current track

Title

Artist