fbpx

Nuusberigte

Pretoria FM het ’n dokument onder oë gehad wat deur die kantoor van die prinsipaal en visekanselier van die Universiteit van Suid-Afrika, UNISA, uitgestuur is. Volgens dié dokument moet alle personeel en studente voortaan vertroud wees met minstens een Afrikataal. UNISA het nie op Pretoria FM se navrae gereageer nie, maar ’n werknemer van die […]

Die Groter-Orania Inwonersforum (GOIF) beoog om in die komende week ʼn dringende skrywe aan President Cyril Ramaphosa te rig waarin geëis word dat die inperkingsmaatreëls vir die Noord-Kaap drasties verslap word en die Noord-Kaap onverwyld direk oorgaan na ‘n Vlak 1-inperking. Dié aksie, wat reeds die ondersteuning van verskeie instellings in die gemeenskap geniet, sal […]

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het kort tevore beslis dat die COVID-19-kwarantynkamp van die Gesondheidsdepartement waar meer as ’n 100 mense tans aangehou word, onmiddellik gesluit moet word. Onder die mense wat in die kamp gevange gehou is, is die Nel-gesin (foto bo), wat in Mosambiek vakansie gehou het toe die staat van inperking aangekondig […]

Enkele dae gelede het dr. Leon Nel, sy vrou en kinders, onderskeidelik een en drie jaar oud, van Mosambiek af na Suid-Afrika teruggekeer. Met hulle aankoms is hulle onder polisiebegeleiding na kwarantyngeriewe in Groblersdal geneem. Nel, ’n veearts van Midrand, het vroeër aan Pretoria FM gesê dat hulle onder polisiebegeleiding na kwarantyngeriewe geneem is. Volgens […]

Die eerste geval van die koronavirus in Suid-Afrika is pas bevestig. ‘n 38-jarige Suid-Afrikaanse toeris het op 1 Maart van ‘n vakansie in Italië gekom. Hy en sy vrou was deel van ‘n toergroep van 10 mense.  Nadat hy simptome getoon het, het hy sy dokter besoek. Hy is in KwaZulu-Natal in self-isolasie geplaas.  Die […]

9 Januarie 2020 Die president van Amerika Donald Trump sê Amerika hoef nie noodwendig sy millitêre mag teen Iran te gebruik nie. Dit volg na Iran ‘n aanval geloods het op ‘n weermag-basis in Irak wat Amerikaanse soldate gehuisves het. Niemand is dood of beseer nie. Die aanval kom na ‘n senior Iranese Generaal dood […]

8 Januarie 2020 Die Minister van Basiese Onderrig Angie Motshekga sê hoewel sy bly is dat die matriek-slaagsyfer hierdie jaar verbeter het is sy bekommerd oor die aantal leerders wie nie skool voltooi nie.81,3% van matriek-leerders het verlede jaar matriek geslaag. DIt is die beste slaagsyfer sedert 1994. Daar is 16 skole wat ‘n 0% […]

2 Julie 2019 Die premier van Gauteng, David Makhura, het hom daartoe verbind om e-tol te skrap, en beloof om ‘n deel van die skuld met die plaaslike regering se begroting te betaal. Daar is egter kommer oor waar die geld vandaan sal kom om die Suid-Afrikaanse Padagentskap vir die opgraderings aan die infrastruktuur te […]

21 Junie 2019 Die goeie nuus vir Afrikaanse kunstenaars is dat die datum vir die splinternuwe musiektoekenningsgeleentheid bekend gemaak is! Pretoria FM het bevestig dat die nasionale toekennings vir gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -produksies op 16 Oktober vanjaar by die Moreleta-ouditorium in Pretoria gaan plaasvind. Kunstenaars kan solank hulle inskrywings gereed kry, want die inskrywingsdatum […]

4 Junie 2019 Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vanoggend die jongste plaasaanvalstatistiek vir die jaar tot op datum bekend gemaak. Volgens dié inligting het altesaam 188 plaasaanvalle reeds vanjaar plaasgevind waarvan 21 plaasmoorde was. Die organisasie se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê aanvalle in die Wes-Kaap het geweldig toegeneem, tot so ’n mate dat meer […]


Current track

Title

Artist