2 Oktober 2024
ActionSA sê hy verwelkom die bevestiging deur die Valke, dat die aanklagte teen die minister van justisie, Thembi Simelane, deur dié eenheid ondersoek sal word.
ActionSA het Dinsdag strafregtelike klagte van korrupsie teen die minister gelê vir beweerde oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite – sowel as die gemeenregtelike misdaad van vervalsing.
Dit hou verband met ‘n sogenaamde lening, van meer as R575 000, wat sy by ‘n onderneming aangegaan het wat by die VBS-skandaal betrek word.
Die betrokke partye het na bewering eers ná die geld oorbetaal is, ‘n dokument opgestel en onderteken wat die oordrag van die geld – tydens Simelane se ampstermyn as burgemeester van Pietersburg – wettig laat lyk het.