10 September 2024
Die Pretoria Sakekamer sê indien ActionSA die veelparty-koalisievennootskap in die Tshwane-metro verlaat sal dit vernietigend vir besigheid in Pretoria wees.
Die voorsitter van die Pretoria Sakekamer, Fergus Ferguson meen dit is duidelik dat die leier van ActionSA, Herman Mashaba vasbeslote is om met die ANC, EFF en ander kleiner partye saam te span om Cilliers Brink as uitvoerende burgemeester te verwyder.
Ferguson sê die party wil Brink uit sy pos verwyder, ondanks die feit dat die vennootskap aansienlike vordering gemaak het teen die korrupsie en wanadministrasie wat Pretoria al dekades lank teister.
Hy sê indien Mashaba sy dreigemente deurvoer en by die ANC se sogenaamde regering van plaaslike eenheid aansluit, sal die Tshwane-metro nie eens die basiese dienste kan lewer nie.