ActionSA onttrek uit veelparty-handves

Deur on

6 Junie 2024

ActionSA het aangekondig dat hy uit die veelparty-handves onttrek.

Die party se president Herman Mashaba sê hulle sal by hul standpunt hou dat daar nie met die ANC saamgewerk sal word nie.

ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont sê die party se senaat het besluit om uit die handves te onttrek, na verskeie ander partye wat daarvan deel is aangedui het dat hy bereid is om koalisiegesprekke met die ANC te voer.

Beaumont het egter die gerusstelling gegee dat die koalisie in die Tshwane-metro steeds van krag is. 

Hy het bygevoeg dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat die DA in die metro dalk eerder ‘n koalisie met die ANC sal aangaan, afhangende van die koalisiegesprekke wat op nasionale vlak plaasvind.


Current track

Title

Artist