Action SA maak sy burgemeesterskandidate bekend

Deur on

21 Julie 2021

Die party, Action SA het sy burgemeesterskandidate vir drie Gautengse metro’s bekend gemaak. 

Die party se leier, Herman Mashaba is Action SA se kandidaat vir die Johannesburg-metro, Abel Tau is vir die Tshwane-metro en die Ekurhuleni-metro se kandidaat is Letlhogonolo Moseki. 

Volgens ‘n verklaring van die party sal dié drie se name asook die van suksesvolle kandidate vir raadslede aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie gestuur word. Dié jongste kandidaat op die lys van 16 name is die 18-jarige, Chinedu Edward. 

Action SA sê voormalige parlementslede, voormalige burgemeesterskomiteelede, entrepreneurs en persone uir die regsbedryf vorm ook deel van dié kandidate-lys. 

Die party sê met al sy kandidate se name in die hoed is hy nou gereed om verandering aan die metro’s te bring. 

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist