Ace Magashule nader hof oor skorsing

Deur on

14 Mei 2021

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het na bewering hofstukke op Luthuli Huis bedien waarin hy aandui dat hy sy skorsing op ‘n semi-dringende basis beveg.

Volgens berigte het hy glo die stukke gister beteken en dat die partye waarskynlik vandag al in die hof kan draai.

LEES OOK: ACE MAGASHULE MÓÉT BINNE 48 UUR OM VERSKONING VRA

News 24 berig verder dat advokaat Dali Mpofu glo namens Magashule optree in regsverrigtinge.

Die hoofargument handel oor die grondwetlikheid van die ANC se Reël 25.70 wat bepaal dat diegene wat van ernstige misdade beskuldig word opsy moet staan.

LEES OOK: ACE MAGASHULE “SKORS” PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA

Volgens Magashule druis dit in teen die regsbeginsel dat iemand onskuldig geag word totdat hy skuldig bevind is in die hof.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist