Ace Magashule moet om verskoning vra

Deur on

10 Mei 2021

President Cyril Ramaphosa het vanmiddag tydens sy slotrede by die ANC se Nasionale Uitvoerende-komitee vergadering Ace Magashule se skorsing as sekretaris-generaal van die party bevestig.

Dit kom nadat Magashule geweier het om sy skorsing te aanvaar en op sy beurt president Ramaphosa geskors het.

LEES OOK: ACE MAGASHULE GESKORS NADAT HY WEIER OM OPSY TE STAAN

As deel van die ANC werkkomitee se opsystaan-reël is alle ANC-lede, wat aanklagte van korrupsie en ander misdade in die gesig staar, 30 dae kans gegun om opsy te staan of om geskors te word.

Die president het tydens sy slotrede gesê dat Magashule geen mag of mandaat van enige ANC-struktuur gehad het om hóm te skors nie. Hy meen dit was heeltemal teenstrydig met alle beginsels en reëls van die ANC.

LEES OOK: ACE MAGASHULE “SKORS” PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA

Volgens president Ramaphosa moet Magashule nou binne ‘n spesifieke tyd onvoorwaardelik om verskoning vra daarvoor. As hy dit nie doen nie, sal verdere tugstappe teen hom ingestel word.

Magashule is die afgelope naweek uit die NUK se vergadering geskop toe hy dit probeer bywoon het.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist