76% van kiesers sal ‘n koalisie-regering steun

Deur on

11 Maart 2024

76% van kiesers het in ‘n peiling deur die Brenhurst-stigting aangedui dat hulle tevrede sal wees indien ‘n koalisie-vennootskap Suid-Afrika, na die algemene verkiesing regeer. 

In Oktober verlede jaar het 74% van kiesers aangedui dat hulle tevrede sal wees met ‘n koalisie. 

29% van vanjaar se deelnemers het aangedui dat hulle sal stem vir die veelparty-koalisie, 25% sal verkies dat ‘n ANC en DA-koalisie die land regeer, terwyl 24% ‘n ANC en EFF koalisie wil sien. 

Die peiling toon verder dat die ANC se steun tot 39%, die DA se steun het met 27% gestyg en 13% van kiesers sê hulle sal die uMkhonto we Sizwe-party, waarvan Jacob Zuma ‘n lid is, steun. 

Meer as 80% van kiesers het aangedui dat die land – volgens hulle – in die verkeerde rigting beleef.


Current track

Title

Artist