70 beseer in ongeluk tussen twee busse

Deur on

25 Julie 2023

Nagenoeg 70 mense is beseer ná twee busse vanoggend in Kingsway-rylaan in Auckland Park met mekaar gebots het. 

Luidens ‘n verklaring van ER24 se woordvoerder, Russel Meiring is paramedici omstreeks 07:40 vanoggend ontbied. Hy sê die beserings wissel van gering tot ernstig, maar geen sterftes is tot dusver aangemeld nie.

Verskeie nooddienste en metropolisiebeamptes is tans op die toneel. Die presiese besonderhede rakende die ongeluk is in die stadium onbekend. 

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist