49 loodswalvisse spoel op Nieu Seelandse strand uit

Deur on

22 Februarie 2021

Nege loodswalvisse is reeds dood nadat 49 van dié diere op ‘n strand op die Suid-Eiland van Nieu Seeland uitgespoel het.

‘n Reuse reddingspoging is by Farewell Spit, ongeveer 90-kilometer van die toeristedorp Nelson aan die gang, om die oorblywende diere te probeer red.

Die grootste uitdaging is om die diere koel te hou totdat hulle met hoogwater weer die see ingehelp kan word. Talle vrywilligers help om die diere nat te hou.

In 2017 was daar ook ‘n massa stranding in dié omgewing toe byna 700 walvisse gestrand het en 250 van hulle dood is. Kenners meen die vlak water in dié omgewing verwar moontlik die diere.


Lees verder

Current track

Title

Artist