2024 Verkiesing: Veelpartyhandves beplan nié om maatskaplike toelaes in te perk nie

Deur on

24 April 2024

In die sesde gesamentlike mediakonferensie deur die Veelpartyhandves – in aanloop tot die verkiesing – het dié groepering beklemtoon dat hy nie beplan om maatskaplike toelaes in te perk nie.

Tydens dié konferensie – wat by die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se kantoor in Germiston gehou is – het die handves onder andere onderneem om kinder- en pensioentoelaes sal verhoog. Die plan is ook om moontlik ‘n toelaag aan swanger vroue toe te ken om sodoende te voorsien in ‘n fetus se voedingswaarde.

Die handves het ook tydens dié geleentheid aangekondig dat hy ‘n uitgebreide maatskaplike-welsynsbenadering sal volg indien hy aan bewind sou kom.

Volgens dié groepering sal hy die bykomende uitgawes kan befonds deur verhoogde belastinginkomste – wat die gevolg sal wees van laer werkloosheidsyfers.

Verder beplan die groepering om ondermeer:

  • Met ‘n plan vorendag te kom om die hoeveelheid tienerswangerskappe te verlaag;
  • Onderhoudstoelaag aan pa’s toe te ken;
  • Meer maatskaplike werkers aan te stel;
  • Toe te sien dat elke gemeenskap ‘n plek van veiligheid het;
  • Meer rehabilitasiesentrums moet gebou word om dwelmmisbruik onder die loep te neem;
  • Polisiesigbaarheid sal in gemeenskappe, waar misdaad uitermatig hoog is, vermeerder word;
  • Meer finansiële ondersteuning aan nie-winsgewende-organisasies te voorsien;
  • Meer grond te voorsien vir huise, asook behuising

Die groepering sê in ‘n gesamentlike verklaring dat “elke individuele party steeds hulle eie veldtogte hou, en dat elkeen sy eie doelwitte, en beloftes het. Maar elke party in die groepering, (DA, VF Plus, ACDP, UIM, ActionSA, IVP, SNP, Ekhethu, UNP, UCDP en ISANCO) het saamgestem oor die bogenoemde maatreëls.”


Current track

Title

Artist