<--Google Webmaster Tool-->

2024 se skoolkalender 4 dae langer

Deur on Aug 4, 2022

4 Augustus 2022

Die departement van basiese onderwys het die datums van die 2024-skooljaar in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens die publikasie sal die skooljaar op 17 Januarie begin en op 11 Desember ten einde loop – wat beteken dat 2024, 203 skooldae sal hê.

Dit is vier dae meer as wat daar in 2022 en 2023 was.

Daar sal ook 25 skoolvakansiedae wees teenoor 32 in 2023 en 33 in 2022.

Die rooster is só uitgewerk dat minder openbare-vakansiedae en langnaweke binnde die kwartale val en dat dit eerder binne die skoolvakansie lé.


Current track

Title

Artist