2020 matriekuitslae bekend gestel

Deur on

22 Februarie 2021

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga het vanmiddag die slaagsyfer vir die 2020 matriekleerlinge bekend gemaak.

76.2% van 2020 se matriekleerlinge in openbare skole het geslaag teenoor die slaagsyfer van 81.3% in 2019.

Motshekga sê sy is uiters trots op die slaagsyfer en die matriekklas van 2020, veral te midde van die Covid-19-pandemie en het die verskeie rolspelers in die onderwysbedryf bedank vir hulle harde werk om die 2020 akademiese jaar te red.

Die Vrystaat is weereens die provinsie wat die beste in die land gevaar het met ‘n slaagsyfer van 85.1%. Gauteng het die tweede beste gevaar met ‘n slaagsyfer van 83.8% gevolg deur 79.9% in die Wes-Kaap.

Motshekga sê KwaZulu-Natal, waar die meeste leerlinge die matriekeindeksamen geskryf het, het die vierde beste uitslae getoon op 77.6%. In Noordwes het 76.2% van matriekleerlinge geslaag, gevolg deur 73.7% in Mpumalanga en 68.2% in Limpopo.

Die Oos-Kaap het die tweede slegste geslaag met ‘n slaagsyfer van 68.1%, gevolg deur die Noord-Kaap waar 66% van leerlinge geslaag het. Volgens die minister het die Noord-Kaap ‘n afname van meer as 10% in vergelyking met 2019 getoon.

Die individuele uitslae sal môre beskikbaar wees.


Lees verder

Current track

Title

Artist