20-miljoen Koo blikkies groente onttrek weens lekkasie

Deur on

Tiger Brands, Suid-Afrika se grootste voedselmaatskappy, het meer as 20-miljoen blikkies groente-produkte onder die handelsname KOO en Hugo’s van die mark onttrek, weens veiligheidsredes.

Die ontrekking verteenwoordig ongeveer 9% van die jaarlikse produksie en beloop skade van ongeveer R650-miljoen.

Volgens die maatskappy het hulle gevind dat sekere van die blikkies se gelaste kante nie na behore geseël is nie en dat dié blikkies tydens hantering en vervoer begin lek het.

Daar is bevind dat twee blikkies uit net meer as 280 000, wat getoets is, se nate lostrek.

Die maatskappy sê mikro-organismes kan die blikkie binnedring en die kos besmet en dit hou ‘n gevaar vir die verbruiker in.

Sekere groenteprodukte wat tussen die 1 Mei 2019 en 5 Mei vanjaar geblik is, word hierdeur geraak.

Tiger Brands het beklemtoon die herroeping sluit nie sy gewilde Koo- ingelegde vrugte of Koo se geblikte sardyne (pilchards) in nie omdat die blikkies wat daarvoor gebruik word van ’n ander verskaffer kom.

Die produkte, wat wel geraak word sluit in Koo se gebakte boontjies in tamatie- en ander souse; Koo se room-soetmielies; Koo se gemengde groente in verskillende souse, Helderberg se geblikte vars ertjies; Koo se geblikte vars ertjies, Koo se botterbone in pekelwater en ander souse en Koo se spaghetti in tamatiesous.

Vir die volledige lys van produkte, volg hierdie skakel.

Verbruikers wat dié blikkieskos in hul kombuisrakke het wat tussen 1 Mei 2019 en 5 Mei 2021 vervaardig is, word gevra om dit na hul naaste winkel te neem vir ’n terugbetaling.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist