2 000 onopgeëiste liggame landwyd, sê minister

Deur on

23 April 2024

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê daar is meer as 2 000 onopgeëiste liggame in staatslykhuise landwyd.

Phaahla het dié inligting in antwoord op ‘n parlementêre vraag bekend gemaak.

In sy antwoord sê die minister dat die meeste van dié liggame in lykhuise in KwaZulu-Natal is.

Die hoofdirekteur vir hospitaaldienste in die gesondheidsdepartement, dr. Relebohile Ncha, sê die uitkenning van die lyke is ‘n uitgerekte proses om af te handel voordat hulle as armlastiges begrawe kan word.

Sy sê dié proses kan enigiets van sewe dae tot ‘n jaar duur omdat die polisie dikwels betrek word om te help om die oorledenes te probeer uitken.


Current track

Title

Artist