17 van wêreld se 20 gewildste wagwoorde kan in minder as een sekonde opgelos word

Deur on

16 November 2023

‘n Aanlyn platform, wat dit vir ‘n verbruiker maklik maak om wagwoorde te bestuur, NordPass het ‘n studie gedoen oor wat die wêreld se 200 algemeenste wagwoorde in 2023 was.

Van die top 20 gewildste wagwoorde ter wêreld sal 17 van hulle in minder as ‘n sekond gekraak word. Hierdie studie is gedoen deur wagwoorde van 35 lande met mekaar te vergelyk.

Volgens die studie was Suid-Afrika se gewildste wagwoord “admin.” Dit is waarskynlik die betrokke platform, hetsy sosiale media of banktoepassings se generiese wagwoord, wat nooit deur die verbruiker verander is nie.

“Super123” is gewild in China en “awesome” word baie dikwels in Suid-Afrika gebruik.

Die wagwoord, 123456 is die gewildste wagwoord ter wêreld met nagenoeg 31% van mense wêreldwyd wat van dié wagwoord of soortgelyke numeriese volgordes gebruik maak.

Hier is die wêreld se lys van die top 20 gewildste wagwoord

  • 123456
  • Admin
  • 12345678
  • 123456789
  • 1234
  • 12345
  • Password
  • 123
  • Aa123456
  • 1234567890
  • UNKNOWN
  • 1234567
  • 123123
  • 111111
  • Password
  • 12345678910
  • 000000
  • admin123
  • *******
  • user

Current track

Title

Artist