1,6 kg se hare van verwaarloosde Maltees verwyder

Deur on

17 Junie 2021

Die Dierebeskermingsvereniging in die Kaap de Goede Hoop moes vir langer as ‘n uur 1,6 kilogram se hare van ‘n verwaarloosde maltees afskeer nadat hulle ‘n oproep oor dié hond ontvang het.

Boo word geskeer. Foto: Kaap de Goeie Hoop DBV

Volgens die DBV is sy inspekteur, Norman Benya na Athlone uitgeroep waar hy die hond – “wat meer hare as hond was” – gevind het.

Die DBV sê in ‘n inskrywing op sy Facebook-blad dat dit gou duidelik geword het dat die hondjie nog nooit in sy lewe behoorlik versorg is nie en dat groot bolle hare en koeke sy lyfie versteek het.

Dit was glo ook moeilik vir die hondjie, wat nou Boonoonoosnoos heet, om te loop weens die groot hoeveelheid hare. Boonoonoonoos beteken “skat” in Jamaikaanse patois.

Die DBV het benadruk dat dit uiters belangrik is vir diere, veral honde met lang hare om gereeld troeteldierversorgers te besoek, omdat hare soos wat Boonoonoonoos gehad het, kan lei tot velirritasie of selfs ernstige wonde.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist