Woensdag 3 Augustus 2022
Sjokolade Yskaskaaskoek
150g sjokoladekoekies, fyngemaak
100g botter gesmelt
3 houertjies (3 x 230g) maaskaas – kamertemperatuur
330g strooisuiker
45ml kakao-poeier
300g donker sjokolade, gesmelt
250ml room
1. Spuit losboompan met kleefwerende kossproei. Meng die fyngemaakte koekies en gesmelte
botter saam in ’n klein mengbak. Plaas die koekiemengsel binne-in die koekpan en druk die
bodem van die pan eweredig toe daarmee.
2. Plaas die maaskaas in ’n mengbak en klits vir 1 minuut tot sag. Voeg die strooisuiker en kakao
by en meng goed deur. Klits die gesmelte sjokolade by.
3. In ’n aparte mengbak, klits die room tot styf. Vou die room deur kaaskoekmengsel en skep
dan uit bo-oor die koekiebodem. Verkoel vir minstens 3-4 ure.
Garneer met bessies en sjokoladeballetjies.

Fotokrediet: Also the crumbs please