12-jarige kind skiet een kind dood, beseer twee ander

Deur on

2 April 2024

‘n Twaalf-jarige het vandag by ‘n skool buite die Finse hoofstad, Helsinki losgebrand en een kind doodgeskiet, en twee ander kinders beseer.

Volgens die polisie is die verdagte tans in aanhouding nadat hy kort na die voorval aan die ander kant van ‘n plaaslike rivier in hegtenis geneem is. ‘n Vuurwapen is in beslag geneem.

Die skool in Vantaa het sowat 800 leerlinge en 90 personeellede. 

Die polisie sê die verdagte en die slagoffers is almal twaalf-jaar oud. Ouers van leerlinge wat die skool bywoon, het aan die media gesê die skietery het in ‘n klaskamer plaasgevind.

Die polisie het die publiek versoek om weg te bly van die gebied en binnenshuis te bly.


Current track

Title

Artist