11 mense dood in Vrystaat-ongeluk

Deur on

12 Desember 2022

Dit is nie bekend hoe lank die N1-suid by die Verkeerdevlei-tolhek in die Vrystaat nog gesluit gaan wees nie nadat nagenoeg elf mense in ‘n botsing tussen dié tolhek en Winburg omgekom het.

Volgens ‘n woordvoerder van die Vrystaatse nooddienste, Sipho Towa, het ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor omstreeks 03:30 vanoggend reg van voor teen mekaar gebots.

Volgens Towa was van die slagoffers nog in die voertuig vasgekeer toe nooddienste op die toneel opgedaag het terwyl ander uit die taxi geslinger is.

Hy sê vyf vroue, vier kinders en twee mans tel onder die oorledenes.

Twee pasiënte is ernstig beseer en een het met ligte beserings daarvan afgekom.


Current track

Title

Artist