Verkiesingsprojeksies op Pretoria FM

Deur on Mei 10, 2019

Pretoria FM, in samewerking met Maroela Media, het ‘n stelsel ontwikkel wat vanjaar se verkiesingsuitslag vroeg al akkuraat sal kan projekteer.

Hierdie is nie voorspellings nie – dit is statistiese projeksies gegrond op die uitslae wat reeds ontvang is. Die metode berus op die verrekening van elkeen van die land se byna 23 000 stempunte se geskiedenis vergeleke met die uitslae in vanjaar se verkiesing die oomblik dat die stempunt se uitslag van die OVK ontvang word. Tesame met die stempunt se relatiewe gewig tot die uiteindelike totaal en inagneming van die stempersentasie word die verandering in steun vir politieke partye in ag geneem om die geprojekteerde finale uitslag te verkry.

Die verkiesingsuitslae om 16:38 was as volg:

  • ANC – 57.5%
  • DA – 20.77%
  • EFF – 10.79%
  • IFP – 3.38%
  • VF Plus – 2.38%
  • Ander – 5.18%
  • 100% van die stemme is verwerk en gepubliseer.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist