8 groot varkworsies

200 ml koekmeeblom

½ t sout

Wit peper na smaak

Olie vir braai

 

1 pak (500g) spaghetti

 

Tamatiesous

1 ui,  fyn gesnipper

Bietjie olie om dit in te soteer

1 blik 410g tamatiesmoor

1 blik 410 g ratatouli

1 kop water

10 ml bruinsuiker

60 ml blatjang

Sout en peper na smaak (indien nodig)

Metode:

  1. Druk elke varkworsie (in sy geheel) se vleis versigtig uit die worsderm en deel elke worsie in 4 dele.
  2. Plaas die koekmeel, sout en witpeper in ‘n papbord en meng goed deur.
  3. Rol nou elke bolletjie wors in die meel, skud die oortollige meel af en braai dit dan in matig verhitte olie tot goudbruin gebak. Skep dit uit op kombuispapier en hou eenkant.
  4. Kook intussen die pak spaghetti volgens die aanwysings op die pak terwyl die tamatiesous gemaak word.
  5. Soteer die gekapte ui tot gaar, maar nie verbruin nie.
  6. Voeg nou daarby die blik tamatiesmoor en ratatouli asook die koppie water en verhit tot kookpunt.
  7. Geur dit nou met die byvoeg van die bruinsuiker, blatjang, sout en varsgemaalde peper.
  8. Kook die sous oor matige hitte totdat dit effens verdik.
  9. Voeg nou die varkworsfrikkadelletjies daarby en prut vir ‘n verdere paar minute totdat dit behoorlik deurwarm is. Roer versigtig deur om te voorkom dat die sous aanbrand.
  10. Dreineer nou die spaghetti, en sit voor saam met die geurige varkworsie en tamatiesous.  Rond die geurige gereg af met varsgekapte pietersielie.

Indien u nie van varkworsies hou nie,  kan u dit vervang met die vleis van boerewors