Terugslag vir leerling van Hoërskool Driehoek
DeurSarina on Feb 11, 2019
11 Februarie 2019
Een van die leerlinge wat ernstig beseer is toe ‘n loopbruggie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op verskeie leerlinge ingestort het, het ‘n terugslag gehad.
Volgens berigte is die graad-8 leerling, Cheverné Duvenhage, weer onder verdowing geplaas en aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel, nadat sy hartkloppings gekry het.
Sy word tans in die Unie Hospitaal in Alberton behandel. Sy kon Vrydag self asemhaal en het selfs water gedrink.
Cheverné het haar heup in die voorval gebreek, haar lewer en maagwand is geskeur en sy het ook hoofbeserings opgedoen. Sy het interne bloeding opgedoen, wat sedertdien gestop is.
14 leerlinge word steeds in die hospitaal behandel, nadat die voorval op 1 Februarie by die skool plaasgevind het. Vier leerlinge is tydens die tragedie dood.

Louise Roodt On Feb 15, 2019 at 4:20 pm
Ons dink aan julle en bid vir spoedige beterskap