fbpx

nuuskommentaar

Nuuskommentaar: 18 September Daar is ‘n onlangse TV-advertensie waarin twee tegnici besig is om instandhouding te doen aan Suid Afrika se Square Kilometer Array satelliete. Terwyl hulle so aan die werk is vra die een man vir sy kollega: “Please hand me the dinges” Die kollega vra dan “the dinges-dinges, or the dinges-dinges?” “The dinges-dinges” […]

Nuuskommentaar: 16 September Na verskeie terugslae die afgelope paar weke word daar wyd bespiegel oor of die Britse Eerste Minister Boris Johnson nog daarin gaan slaag om Brittanje se onttrekking uit die Europese Unie suksesvol deur te voer. ‘n Meerderheid van Britse parlementslede staan duidelik sy pogings tee en dit raak duidelik dat slegs ‘n […]

Nuuskommentaar: 13 September Suid-Afrika se pas-vrygestelde misdaadsyfers vertel ’n verhaal van ’n land waar ernstige skroewe los is. Nie alleen word twee mense per uur vermoor nie, maar ’n stroom mense wat na Suid-Afrika gevlug het, keer nou vreesbevange na die einste lande waaruit hulle gevlug het, terug. Beeldmateriaal in Suid-Afrika wanneer iets skeefloop, wys […]

Nuuskommentaar: 12 September Dit is altyd effens onvanpas om te praat oor die moontlikheid van rewolusie. Maar, tegelykertyd, wanneer dit uiteindelik tyd is om te praat daaroor, is dit nie wys om die gesprek onnodig uit te stel nie. Die gebeure van die afgelope paar weke – onluste, openbare geweld en stede wat brand – […]

Nuuskommentaar: 11 September Sedert die  immigrasiekrisis van 2015 is die wêreld deeglik bewus van die probleem van onwettige immigrasie na Europa. Terwyl die golf van onwettige immigrasie die afgelope paar jaar oor Europa gespoel het, tref ‘n ander soort golf verskeie Europese lande. Wettige immigrasie na verskeie Europese lande het ook drasties toegeneem. Hierdie immigrasie […]

Nuuskommentaar: 6 September “Mense op die groepe, maak seker jy maak jou spaartenk vol met brandstof, maak seker jy koop genoeg kos vir drie weke. My bronne het aan my gesê dat al die lorriedrywers van môre af gaan staak.” Die tipe stem en teksboodskappe het die afgelope twee weke weer soos ‘n veldbrand versprei. […]

Nuuskommentaar: 5 September Sowat dertig jaar na die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland het verkiesings in twee Oos-Duitse deelstate die afgelope naweek hernude vrae oor die toekoms van die politieke middelgrond in Europa laat ontstaan. Die regs-populistiese Alternatief vir Duitsland het soos verwag, en ten spyte van ‘n enorme veldtog teen die party, daarin geslaag […]

Nuuskommentaar: 4 September In landbougeledere het die seisoen van kongresse aangebreek, waar  sekere provinsiale en nasionale landbou-unies hulle visie en beleid vir die volgende jaar uitstippel in die lig van verwikkelinge die afgelope jaar en waar leiers vir die volgende termyn aangewys word. Die kongresse word ook gebruik om gassprekers te nooi wat hulle kundigheid […]

Nuuskommnetaar: 2 September Die onlangse uitspraak van die Gelykheidshof in die saak van Nelson Mandela Foundation v Afriforum bied vir ons ‘n besondere geleentheid – om te sien hoe ‘n taboe gevestig en geformaliseer word. ‘n “Taboe”, in die tegniese sin van die woord, verwys na ‘n verbod wat deur ‘n bykans ‘n hele samelewing […]

Nuuskommentaar: 29 Augustus 25 jaar gelede het Walt Disney die eerste maal die animasie-fliek Lion King uitgereik. Dit was Junie 1994. Suid-Afrika het twee maande tevore die nuwe era van meerderheidsregering bereik, met die Nelson Mandela as staatshoof. Daar was algemene euforie in die lug. ‘n Splinternuwe regering met nuwe ministers en ‘n nuwe parlement, […]


Current track

Title

Artist