1 koppie pynappelblokkies

1 kop fyn gesnipperde kool

1 koppie goue sultanas

1 eetl fyngekapte ui

1 kop geskilde komkommerblokkies

½ kop mayonnaise verdun met ‘n bietjie wynasyn en olyfolie (1 eetl elk)

‘n paar swart druiwekorrels / ontpitte olywe

Meng al die bestanddele liggies in ‘n bak,  skep dit uit in ‘n mooi slaaibak en bedien saam met die braaivleis.