2 snye volkoringbrood
500 g maalvleis
1 eier
90 g gerasperde kaas
15 ml tamatiesous
15 ml blatjang
15 ml worcestersous
hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)
sout en vars gemaalde swartpeper
sosatiestokkies in die helfte gesny
Week die brood vir sowat 10 minute in koue water.
Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper.
Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op ‘n sosatiestokkie.
Pak op ‘n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C.
Laat goed afkoel op die bakplaat.

(Erkenning aan: Watertand resepte vir oud en jonk)