fbpx

Steve Hofmeyr oorweeg regstappe teen MultiChoice

Deur on Mei 1, 2019

1 Mei 2019

Die Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr sê hy oorweeg regstappe nadat MultiChoice gister aangekondig het dat hulle geen verdere blootstelling aan hom sal gee nie.

Die woordvoerder van MultiChoice, wat DStv bedryf, Benedict Maaga sê selfs argiefmateriaal sal nie uitgesaai word nie.

Hy sê hulle sal nie verdere kommentaar lewer nie, omdat dit net olie op die vuur gooi.


Die hoof uitvoerende beampte van die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang het die besluit verwelkom.

Hofmeyr sê hy het gestem vir ʼn nuwe Suid-Afrika sodat hy en sy kollegas bevry kan word van die ou soort sensorskap van die verlede.  Hy voer aan dat hy byvoorbeeld nog nooit gevra het dat ander Suid-Afrikaners doodgemaak word nie.

Intussen het talle Afrikaanse intekenare nou op sosiale media gedreig om MultiChoice te boikot.


Laat 'n boodskap
  1. Hannetjie Snyder   On   Mei 1, 2019 at 2:38 pm

    Ek dink Steve en ons wat hom gereeld ondersteun moet dit so aanvaar….sy konserte is vol en sy cd’s verkoop goed….en sy mense sal aanhou om hom te ondersteun. Wanneer Steve op n verhoog stap is daar net daai iets wat hom onderskei van ander sangers…doen so voort Steve2👏👏👏🎶🌹

  2. Mimi Boshoff   On   Mei 1, 2019 at 2:55 pm

    Reg so!!!! Hoop Gerrie Nel bied sy dienste aan??? Ons stig n fonds om met regskostes by te staan!!!!

  3. Belinda Scheepers   On   Mei 2, 2019 at 3:51 pm

    Doen dit asb Steve. Daar is so so baie wat jou musiek geniet. Hou sommer n paar optreedes om geld in te samel vir Gerrie Nel. Ons is met jou.

    • Marina Smalberger   On   Mei 3, 2019 at 11:25 am

      Ek stem 100% saam – dit is inelkgeval meestal Afrikaans sprekendes wat Steve se musiek en shows ondersteun en sal voortgaan om dit te ondersteun. Ek is ook een van die wat Multichoice onder hul agterente gaan skop. Ek was nog nooit ;n groot DSTV kyker nie, behalwe vir die nuus. Multichoice moet weet dat as dit nie vir die DSTV betalers was nie dan was hy ook al by die agterdeur uit. Hoekom op Steve Hofmeyr hammer terwyl Julius Malema kan wegkom met sy “kill the boer, kill the farmer” en ander rassisme.

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist