Skokaankondiging oor poste by Sibanye-myn

Deur on Feb 14, 2019

14 Februarie 2019

Die Sibanye-Stilwater-myn sê hy sal bykans 6000 poste besnoei in ‘n poging om sy sukkelende goudmyn werksaamhede te herstruktureer.

Die bedryf word tans lamgelê deur stygende kostes, arbeidsonluste en die afname in grade.

Die edelmetaalmyn sê hy het gesprekke met aandeelhouers oor die herstrukturering van sy goudoperasies na die finansiële verliese wat hy by Beatrix 1 en Driefontein se skagte gedurende 2018 gelei het. Dit kan moontlik meer as 5800 werknemers en 800 kontrakteurs raak.

Volgens die uitvoerende hoof van Sibanye-Stilwater, Neal Froneman, verskaf die maatskappy wat goud- en platinum-myne in Suid-Afrika bedryf, meer as 61 000 werksgeleenthede aan plaaslike werkers.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie.Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist