110g strooisuiker

2 ekstragroot eiers

2,5 ml suurlemoengeursel

110g bruismeel

Knippie sout

110g botter (gesmelt)

Versiersel

110g versiersuiker

110g botter

Metode:

Die oorspronklike resep verwys daarna,  dat die deegbeslag aangemaak moet word soos vir madeleines.  ………..

  1. Verroom die strooisuiker en die eiers tot lig en romerig.
  2. Weeg die bruismeel af en voeg dit by die eiermengsel terwyl die menger klits en voeg ‘n knippie sout by asook 2 ml suurlemoengeursel.
  3. Smelt die botter en voeg dit by die deegbeslag terwyl die menger matig klits en meng goed deur.
  4. Verdeel die beslag tussen 12 papierkoppies wat u in ‘n kolwyntjiepan plaas.
  5. Bak vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 180°C.
  6. Laat afkoel en sny dan met ‘n skerp mes die boonste lagie van elke koekie af en hou eenkant. (Die “dekseltjie” word in die helfte deurgesny.)
  7. Klits die versiersuiker en die botter en kleur liggies met voedselkleursel. Pienk vertoon nogal mooi.
  8. Skep die versiersuiker bo-op elke koekie en plaas dan die deurgesnyde boonste helftes terug in die vorm van ‘n skoenlapper se vlerke.

Die koekies is geurig met ligte tekstuur en iets anders as die gewone kolwyntjies.