Skenkings stroom in vir Notre Dame

Deur on Apr 16, 2019

16 April 2019

Skenkings word reeds gemaak om die ikoniese Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk te herbou nadat dit gistermiddag in ‘n verwoestende brand beskadig is.

Volgens The Guardian is die twee kloktorings van die katedraal nie erg beskadig nie.

Die burgemeester in Parys, Anne Hidalgo sê hulle sal ‘n internasionale skenkerskonferensie hou sodat hulle geld vir die herbou van Notre Dame kan insamel.

Die miljardêr, Francois-Henri Pinault het reeds honderd-miljoen Euro, of sowat een-en-‘n-half-miljard Rand, geskenk vir die herbou van die katedraal. Pinault is onder meer die eienaar van die modehuise, Gucci en Alexander McQueen.

Volgens die skarebefondsingplatform, GoFundMe se woordvoerder, John Coventry is daar reeds vyftig veldtogte van stapel laat loop om geld in te samel.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

Tagged as

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist