1 kg skaap kookvleis (nek en skenkels)

maak gegeurde meel met:

2 kop koekmeelblom, 1 t sout, ½ t witpeper, 1 t veggie speserye (meng alles saam)

 

3 aartappels geskil en opgesny in kwarte

3 wortels, geskil en opgesny in skuins 5 cm stukkies

6 klein patats met skil aan, afgeskrop en in die helfte gesny

2 kop botterskorsie in growwe stukke gesny

3 middelslag uie gesny in ringe.

250 g groenbone,  punte afgesny en gehalveer

3 ryp tamaties in kwarte gesny

Sout en peper na smaak – tussen die groente

Metode:
1.  Spoel die kookvleis af en dreineer.

  1. Meng die koekmeelmengsel in ‘n redelike groot plastiese sak. Plaas ‘n paar vleisstukke op ‘n slag in die meel en skud sodat die vleis oral bedek is.  Doen dit met al die vleis. Skud oortollige meel af van die vleisstukke.
  2. Plaas vleis en gesnyde uie afwisselend onder in die prutpot en pak dan die groente bo-op. (aartappels wortels groenbone botterskorsie en  dan die patats.)
  3. heel laaste pak u die 3 gesnyde ryp tamaties bo-op.

Geur met sout en peper na smaak tussen die lae groente.
Meng die volgende bestanddele en gooi dit versigtig bo-oor die bestanddele in die prutpot.
125 ml blatjang,
60 ml  tamatiesous
375 ml warm water.
5.  Stel die prutpot op “high” vir 3 – 4 ure of op “low” vir 7 ure.

Moet nie die deksel oplig voor ten minste 2 ½  ure verby is nie …. Dan kan u kyk of die vloeistof nog genoeg is en kyk hoe gaar die groente is.  (Maar werk vinnig,  want met die oplig van die deksel verloor die pot 15 min van sy gaarmaaktyd.)

Bedien die geurige skaapvleisbredie saam met  kapokaartappels. Stampmielies, rys, of koeskoes asook  ‘n slaai.