EK WIL WEET

Ons gewilde program olv Faan Rabie met ‘n span wetenskaplikes word Sondag middag om 16:10 uitgesaai.

Die program kan ook uit ons webgrepe onder EK WIL WEET afgelaai word. Regsklik op die rooi LAAI AF en kies “save link/tab as”

HARTLAND

Maandagaande om 20:10 gesels ons oor sake wat die hart raak. Interessante hoorbeelde, onderhoude, kultuursake en  musiek maak die program vol. Ook gedurende die deurnag uitsendings Vrydag: 3:00

Die program kan ook uit ons webgrepe onder HARTLAND afgelaai word. Regsklik op die rooi LAAI AF en kies “save link/tab as”

KONTREIKUIER

Van nege-uur tot eenuur – elke weeksdag is Elsje van Jaarsveld u gasvrou. Dan kuier ons rondom al die gebeure in en om ons kontrei.

Weeksdae 09:00 tot 13:00.

NET MEDIES

In die program Net Medies gesels Marianne Breytenbach  met spesialiste oor verskeie mediese toestande. Hulle praat gesaghebbend en bring die nuutste inligting na die ateljee. Dit is anders as om die internet te raadpleeg – in Net Medies hoor u wat sê die dokter.

Woensdagaande 20:10.

Die program kan ook uit ons webgrepe onder NET MEDIES afgelaai word. Regsklik op die rooi LAAI AF en kies “save link/tab as”

KUIERKOMBUIS

‘n Tafel vir twee en meer, ‘n uitnodiging vir ‘n koppie koffie of tee asook iets om te geniet daarmee, musiek om die spyse te help verteer, dis die kuierkombuis. Kom deel u beproefde resepte, ‘n wenk of twee asook ‘n skets of nuusbrief vanuit die binneland of oorsee.

Vrydae 09:05 – 09:55.

KLIK VIR RESEP VAN DIE WEEK

KLANKKOERANT OGGEND-, MIDDAG- EN LAATUITGAWE

Klankkoerant Oggend- (Hennie Koortzen en Estel Cronje) ; Middag- (Sarina Frauenstein) ; en Laatuitgawe (Sarina Frauenstein en Esmarie Yssel) bring Pretoria FM-luisteraars op hoogte van plaaslike en internasionale gebeure. Deurwinterde medewerkers, ook uit die akademiese wêreld, bied ingeligte menings oor die gebeure van  die dag en hou u op hoogte van die nuutste nuus.

Weeksdae Oggend: 06:00-09:00, Middag: 13:00-14:00 en Laatuitgawe: 16:00-18:45.

REGSPRAAK

Dinsdagaande om 20:10 bied ons u ‘n program oor regsake, ook in die deurnag uitsendings Woensdag om 3:00

Die program kan ook uit ons webgrepe onder REGSPRAAK afgelaai word. Regsklik op die rooi LAAI AF en kies “save link/tab as”