Pretoria FM loods nuwe Afrikaanse musiek-toekennings

Deur on Apr 17, 2019

17 April 2019

Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur.

Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte lewer en wil verseker dat hulle die nodige erkenning in die musiekbedryf ontvang.

“Ons is verder van mening dat sulke toekennings in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig moet wees en dat die gehalte van musiek en lirieke die enigste kriteria moet wees waarop beoordeling moet geskied”, het Koortzen bygevoeg.

Pretoria FM kondig dus met trots aan dat die stasie se bestuur besluit het om ‘n splinternuwe glansgeleentheid te skep waartydens Afrikaanse musiek en kunstenaars van gehalte, beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer.

Die nuwe toekenningsgeleentheid beloof om ‘n skouspel van hoogstaande gehalte te wees en sal tydens die tweede helfte van die jaar in Pretoria in samewerking met belangrike rolspelers in die bedryf aangebied word.
Meer besonderhede, soos die naam van die nuwe toekenningsgeleentheid, die beoordelaars en kategorieë, sal binnekort in die media en op sosiale platforms bekend gemaak sal word.


Laat 'n boodskap
  1. James-Henri   On   Apr 17, 2019 at 4:59 pm

    Fantasties..! Dis tyd dat ons weer ons eie ding begin doen en onsself los wikkel van staats- en ander instellings.

  2. Andre   On   Apr 17, 2019 at 6:05 pm

    Fantasties. Wanneer kry ons ons eie tv kanaal? Ek het vandag my DSTV gekanselleer en het spaargeld om in te skryf.

  3. Carel Fourie   On   Apr 17, 2019 at 6:39 pm

    Uitstekend Pretoria FM. Julle was nog altyd die alternatief vir die leun van die dag. Ons sal weer uitblink op ons eie.

  4. John Greyson   On   Apr 17, 2019 at 7:35 pm

    Dit is vir my baie moeilik om te verstaan hoekom AL die Afrikaanse kunstenaars nie saamstaan en weier om aan die Ghoema toekennings deel te hê. Musiek prestasies moet die kriteria wees waaraan gemeet moet word, nie die persoon nie. Kunstenaars, staan saam en stuur Ghoemas in hulle maai.

  5. Estelle Pruis   On   Apr 17, 2019 at 8:28 pm

    So bly om te sien dat Afrikaners weer vir hulself begin opstaan. Ons het nie die joiners soos Multichoise nodig in ons lewens nie. Ons kan vir onself dinge doen sonder dat ons mense afgepers word om soos hulle te dink ANDERS!!!! Hou julle Ghoema’s. Ons wag vir die kaatjies sal defnitief die toekennigs bywoon.

  6. Bets Bothma   On   Apr 17, 2019 at 9:47 pm

    Sjoe, dankie! Ek stream RSG op my rekenaar, maar van môre af gaan ek probeer om Pretoria FM te stream, hoop ek kry dit reg. Ek is 100% vir kunstenaars en hul musiek en 0% vir politiek! Dankie!

  7. Henrico   On   Apr 18, 2019 at 12:29 am

    Vat 5 manne en vrouens…dit is hoogtyd dat ons opstaan vir ons taal en dat geen besigheid vir ons mag voorskryf wat om te doen nie….onthou julle…”Die wonder van Afrikaans”

  8. Steve   On   Apr 18, 2019 at 6:18 am

    Dit klink fantasties. Laat ons aanlyn stem deur julle toepassing vir die kunstenaars onafhanklik Afrikaans.

  9. Hennie Taljaard   On   Apr 18, 2019 at 8:28 am

    Willie en Span, Julle is dorings. Ons luister na Julle en geniet dit altyd. PRETORIA FM moet met n lidmaatskapprogram begin met Steve en al die Sangers en Skrywers as die eerste 100 op die lys. Almal betaal lidgelde maandeliks, min maar dit word n sneeubal. Hennie.

  10. Cecil   On   Apr 18, 2019 at 9:26 am

    Wonder watse planne die politiek korrektes gaan uitdink teen hierdie aksie .. voorspoed en dankie aan PFM

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist