2 pakkies nutty crust koekies

60 ml gesmelte botter

8 piesangs

1 blikke karamel (gekookte-) kondensmelk

500 ml room styfgeklopte (langlewe)

Versiering van die tert – pekanneute,  glanskersies, sjokoladekrulle, kruisementblare

Metode:

  1. Maak die koekies fyn in ‘n voedselverwerker en voeg die gesmelte botter daarby.
  2. Druk nou die helfte daarvan onderin ‘n langwerpige tertbord vas en hou die ander helfte eenkant.
  3. Sny 4 piesangs in skyfies en pak dit in ‘n lag bo-op die krummelkors. Smeer nou een blikkie karamelkondensmelk bo-oor.
  4. Skep nou van die geklopte room bo-oor en herhaal die proses …… die res van die fyn koekiekrummels, piesangskyfies, karamelkondensmelk, en eindig met room.
  5. Versier nou die tert met gekapte pekanneute, rooi glanskersies, sjokoladekrulle en vir die spatsel groen ….. ‘n paar vars kruisementblare.
  6. Plaas in die yskas tot voor u dit gaan bedien.

**  Hierdie tert kan ook in aparte glasbakkies saamgestel word vir indivuele nageregte en u kan die resep ook gemaklik halveer.

**  Die koekies kan ook vervang word met gemmerkoekies.