OVK verwerp bewerings dat ANC verkiesingskandidate onttrek

Deur on Apr 9, 2019

9 April 2019

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kommissaris, Mosotho Moepya, het bewerings dat die ANC sy verkiesingskandidate kan onttrek, verwerp.

Moepya sê kandidate kan onder geen omstandighede van die lyste verwyder word nie, behalwe as dit deur die hof beveel word.

Die ANC word tans deur die integriteitskommissie ondersoek om alle kandidate wat van korrupte bedrywighede beskuldig word, uit te wys.

Die ANC se verkiesingshoof, Fikile Mbalula, het vroeër aangekondig dat indien die party bevind dat van sy kandidate aan korrupsie skuldig is, hy hulle sal vra om hul name van die kandidate-lys te verwyder.

Die ANC het intussen ‘n reserwe kandidate-lys opgestel wat gebruik kan word indien enige van sy lede deur die integriteitskomitee gevra word om van hul kandidaatskap afstand te doen.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist