fbpx

OVK: Maak seker jou stembriewe is gestempel

Deur on Mei 8, 2019

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n beroep op kiesers gedoen om seker te maak dat hulle stembriewe ‘n stempel op die agterkant het. Indien dit nie het nie, sal die stem ongeldig wees.

Volgens die voorsittende beampte by die Tshwane Wes-distrik-stempunt, Ronny Kekana, het mense reeds so vroeg as half-ses vanoggend in die ry begin staan om te stem.

Die departement van binnelandse sake het intussen bevestig dat hulle takke regoor die land tot 21:00 vanaand oop sal wees om hulle identiteitsdokumente en tydelike id-sertifikate kan afhaal.

Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê die rede daarvoor is dat almal wat wil stem en geregistreer is, die kans kan kry om dit te doen.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist