1 koppie oorskiet pampoen

Knippie sout

100 ml koekmeelblom

7 ml bakpoeier

1 ekstragroot eier, geklits

Olie vir die braai van die  pampoenkoekies

Kaneelsuiker om oor te strooi

Metode:

  1. NB ….. gebruik gaar droë geelkleurige pampoen (botterneut/ysterpampoen)
  2. Maak dit fyn met die agterkant van ‘n vurk en meng dit met die koekmeelblom,sout en bakpoeier.
  3. Voeg die geklitste eier by en klop dit to ‘n gladde beslag.
  4. Verhit ‘n lagie olie in ‘n swaarboompan tot matig warm (te warm olie kan die pampoenkoekies laat brand) en braai eetlepels vol van die mengsel tot goudbruin aan beide kante.
  5. Skep uit die pan en plaas op kombuispapier om oortollige olie te dreineer en daarna in ‘n erdebak wat reeds kaneelsuiker onderin die bak het. Pak die pampoenkoekies in lae met kaneelsuiker oor elke laag  en eindig dus met kaneelsuiker. Bedien dit dadelik as bygereg of hou dit vir ‘n rukkie warm voordat dit voorgesit word.
  6. Die resep kan maklik verdubbel word indien daar meer oorskiet pampoen is.