Ooreenkoms bereik vir befondsing van Trump-muur

Deur on Feb 13, 2019

Amerikaanse wetmakers het ‘n voorlopige ooreenkoms bereik om befondsing vir president Donald Trump se Meksiko-grensmuur te verskaf, maar het gister gewag om te sien of hy die kompromie sou aanvaar en die dreigement vir ‘n regeringsluiting te kanselleer.

Die begroting wat vir die muur se bou deur Republikeinse en Demokratiese wetmakers goedgekeur is, beloop 1-komma-4-miljard-rand. Dit is egter baie minder as die 5-komma-7-miljard-rand wat Trump wou hê.

Die fondse sal toelaat dat ‘n muur van nagenoeg 55-myl of 88,5 kilometer langs die grens opgerig kan word.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist